Guest Book

Nogmaals dankie vir ‘n droom troudag!!!!!

Picture

Ons is weer terug in die land van die werkendes en die honeymoon is nou ‘n vae herinnering.  Noudat ek weer my eendjies in ‘n ry het hier by die werk, kan ek uiteindelik weer alles herleef deur die foto’s.

Ek wil net weer dankie sê vir ‘n wonderlike dag, dit was so spesiaal.  Julle het vreeslik baie moeite en werk daarin gesit en dit was ‘n finominale sukses. My droomdag is drie dubbel oortref en dit sal ons altyd na aan die hart lê. 

Die kos was absoluut fantasties !!!!!!  Kan julle asseblief vir al die personeel baie dankie sê vir hulle moeite en vriendelikheid. Daar was altyd iemand om ons te help en niks was te veel moeite nie.

Plak asb my foto's in ‘n boek, want julle gaan nog een van DIE trou venues word, indien julle nie al is nie. Daar is net nie nog ‘n venue met soveel atmosfeer en warm vriendelikheid nie.  Dit is wat my eerste na julle aangetrek het en dis ook die eerste ding wat die gaste opgetel het, almal het dadelik tuis gevoel.  
 
Nogmaals dankie vir ‘n droom troudag!!!!!

Junita & Willie van Zyl