Guest Book

More aan almal daar

Ek en my vrou wil net baie baie dankie se vir als wat jul vir ons gedoen het die naweek wat verby is.Ons het in die Tent Chalets gebly,nr 6 om spesifiek te wees.Ons het baie geniet en sal definitief vir mense vertel van jul en hul aanbeveel om by jul te kom bly.   Wil ook net vir Jaco baie dankie se wat ons op n gamedrive gevat het en vertel het van al die Alwyn spesies,sowel as al die tipe boksoorte en meer oor die natuur.   Ons sal weer so maak,en weereens baie dankie vir alles.Jul moet almal jul dag geniet.     
Morne en Cecile van Heerden

Hi Almal  

Ek en my gesin het u plaas gedurende die week van die KKNK besoek. Ons wil u bedank vir die vriendelike gesigte wat ons begroet het oral waar ons gehelp is, van die ontvangs tot die restaurant. My kinders het die volstruis ryery terdee geniet. Ek wil in besonder vir Norma ons gids asook die twee mans wat ons by die plukboks en volstruis ryery gehelp het bedank--hierdie ervaring was beslis die hoogtepunt van ons gesin se besoek. Hou so aan ek en my gesin sal beslis weer kom kuier.     
Nick Haarhoff en Gesin